Ontologieë is konseptuele modelle van ’n domein en word in verskeie toepassings gebruik om ’n kennisveld te modelleer. SNOMED is ’n voorbeeld van ’n ontologie van mediese terme wat baie gebruik word deur die mediese beroepslui. Kommersiële ontologieë, soos SNOMED, kan bestaan uit duisende konsepte. Dit is belangrik om hierdie ontologieë wat gebruik word te verstaan, maar die enorme omvang van hierdie ontologieë belemmer die verstaanproses. In hierdie konteks het die behoefte ontstaan vir programmatuur wat die verstaanproses van ontologieë vergemaklik. Met hierdie agtergrond inaggenome, is dit ons doel om ’n nuwe area in die veld van ontologieë te ondersoek, naamlik, Ontologie-begrip. Ons maak ’n bydra tot hierdie veld deur ’n raamwerk vir ontologie-begrip te ontwikkel en programmatuur van ons eie te skryf. Hierdie programmatuur, PathViz, help gebruikers om te verstaan hoe verskillende konsepte in ’n ontologie aan mekaar verwant is. Verder help dit gebruikers om te verstaan watter invloed die ontologie-redeneerder het op konsepverwantskappe. Deelnemers aan ’n ontologie-werkswinkel het gevind dat die raamwerk vir ontologie-begrip, PathViz en die instrumente wat die invloed van die ontologie-redeneerder meet, ontologie-begrip bevorder.
Johann Bergh is a MSc student at Computer Science, Stellenbosch University.