Honneurs in Rekenaarwetenskap

Die Honneursgraad is ‘n een-jaar voltydse kursus wat gewoonlik na ‘n drie-jaar BSc- of BCom-graad gevolg word. Oor die afgelope vyf-en-veertig jaar het meer as 600 talentvolle studente ons program voltooi. Die Honneursprogram is uitstekende voorbereiding vir 'of ‘n Meestersgraad 'of ‘n loopbaan in die industrie. Dit is deels weens die samestelling van die program: ‘n mengsel van kern Rekenaarwetenskap teoretiese kursusse en toepassings
Die Honneursgraad is uitdagend en harde werk en daar word van studente verwag om hul eie tyd te bestuur en meer onafhanklik te werk as gedurende hul voorgraadse studie, veral aan hul projek. Ons is egter trots op die feit dat ons graduante baie gesog is in die industrie. Die graad maak ‘n aansienlike impak op jou salaris en deesdae dring baie maapskappye op hierdie kwalifikasie aan. Verdere inligting vir voornemende studente, insluitend die aansoekprosedures en ‘n FAQ, is beskikbaar op ons bladsye vir Voornemende nagraadse studente;
Kurrikulum: Rekenaarwetenskap Stroom
Die Honneurskurrikulum is op voltydse nagraadse studente gemik. Studente wat Honneurs deeltyds wil doen, kan vir ‘n maksimum van twee jaar registreer, maar neem asseblief kennis dat klasbywoning verpligtend is, want klasse is nie altyd gebaseer op ‘n lesing nie en sluit dikwels gesprekke oor bekende oplossings, nuwe navorsing, of onopgeloste probleme in die veld in. Students wat Honneurs in Rekenaarwetenskap wil doen moet vir die volgende modules registreer
*
Modules met ‘n voorgraadse kode in hakies kan slegs deur studente wat nie die ooreenstemmende voorgraadse module voltooi het nie, gekies word.
**
‘n Verkorte weergawe (nul krediete) van Simulasie van Netwerke
sal in die eerste semester deur Prof Krzesinski aangebied word aan enige Honneurs student wat ‘n verwante Honneursprojek kies.
Die Honneurs projek is 32 krediete werd. Die projek vorm ‘n kritiese deel van die Honneursgraad en behels ‘n groot sagteware ontwikkeling of navorsingsprobleem waaraan die student onafhandklik werk, onder toesig van ‘n personeellid. Die projek volg nie die voorgraadse semesters nie; dit begin sodra die projekte toegeken is en eindig wanneer die finale voordrag en demonstrasies aan die einde van die jaar plaasvind. Daar is ‘n paar sperdatums deur die jaar, maar op die ou einde moet studente hul eie tyd bestuur.
Die keusemodules is elk 16 krediete werd en jy moet vir ses modules registreer. Die modules word 'of in blokke aangebied 'of oor ‘n tydperk van 15 weke, met ‘n addisionele eksamenweek aan die einde. Die lys van keusemodules wat ‘n spesifieke jaar aangebied gaan word, word teen die eerste Honneurs byeeenkoms gefinaliseer. Neem asseblief kennis dat studente op die meeste twee nagraadse modules by Wiskunde of Toegepaste Wiskunde kan neem, onderhewig aan toestemming van die Rekenaarwetenskap afdeling.
Kurrikulum: Datawetenskap stroom
In die moderne lewe is daar ‘n toenemende aanvraag vir werknemers wat effektief met ‘n grootmaat data kan werk. Amper alle aspekte van die lewe het die potensiaal om groot hoeveelhede data te genereer. Hierdie stroom fokus op die hoofaspekte van dataverwerking. Om die eienskappe van data te verstaan, en om dit verantwoordelik te ontleed, het mens ‘n goeie kennis in statistiek nodig. Ons verwag dat ons studente ‘n agtergrond in Wiskundige Statistiek het en vereis dat hulle modules in Wiskundige Statistiek as deel van die Honneursprogram neem. Studente wat vir die Honneurs in Rekenaarwetenskap (Stroom Datawetenskap) wil registreer moet asseblief die jaarboek raadpleeg vir ‘n lys van die verpligte modules. Die keusemodules wat elke jaar aangebied word, word in die tabel onder die algemene Rekenaarwetenskap stroom gelys. Studente wat in die datawetenskap stroom belangstel moet ‘n epos aan kroon@sun.ac.za stuur.
Klas van 2022
Belangrike Datums
Datum | Geleentheid |
---|---|
10:00, 7 Feb | Honneurs Oriëntasie (A407): verpligtend |
10 Feb | Sperdatum: Module keuses |
11 Feb | Sperdatum: Projekkeuses |
14 Feb | Eerste semester klasse begin |
25 Feb | Laaste dag vir moduleverandering |
2 Mar | Projek: Opsomming (F) |
25 Mar | Projek: Voorlopige Verslag (F) |
20 May | Projek: Demo 1 (S + F) |
23 May | Eerste Semester Eksamenweek |
18 Jul | Tweede Semester lesings begin |
18-22 Jul | Projek: Demo 2 (S) |
2 Sep | Projek: Voorlopige Finale Verslag (F) |
21 Oct | Projek: Finale Verslag (S) |
24 Oct | Tweede Semester Eksamenweek |
7-11 Nov | Projek: Finale voorleggings en Demo 3 (S) |